Wie hoort in ’n stad?
2,561,915 plays|
OluTimehin Adegbeye |
TEDGlobal 2017
• August 2017
Wanneer regerings megastede skep, word arm mense dikwels eerste verdring. In hierdie treffende en poëtiese praatjie beskryf OluTimehin Adegbeye hoe ongrondwetlike grondrowery wat deur die regering van stapel gestuur is die lewens van duisende inwoners van kusgemeenskappe in Lagos, Nigerië verwoes om plek te maak vir ’n "nuwe Dubai." Sy noop ons om ons regerings en onsself aanspreeklik te hou vir die bewaring van stede wat veilig vir almal is. "Die enigste stede wat die moeite werd is om te bou, voorwaar die enigste toekomste wat die moeite werd is om van te droom, is dié wat ons almal insluit, ongeag wie ons is of hoe ons tuistes vir onsself skep," sê Adegbeye.